Belhar BelydenisThe Belhar Confession:   English   l   Xhosa   l    
      Afrikaans   l   French   l   Sotho
      Die Belhar Belydenis

      URCSA Home
      About us
      Media
      Confessions
      Links
      Contact us
      Guest Book
      Ministries: 
      Development
      Public Witness
      Youth 
      Women 
      Curatorium 
      Education &
        training Die Belhar Belydenis is in 1986 amptelik deur die Sinode van 
      die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suider Afrika aanvaar. Dit 
      het gevolg op die afkondiging van 'n status confessionis in 1982, in 
      verband met die verwerping van die verdediging van apartheid op morele en 
      teologiese gronde.
        1. Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur 
        sy Woord en Gees sy Kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van 
        die wreld af tot die einde toe.
        2. Ons glo aan een heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van 
        die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag.
        Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in di kerk as 
        geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar 
        versoen is;
        dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe n opdrag 
        is; dat dit n samebindende krag is deur die werking van Gods Gees maar 
        terselfdertyd n werklikheid is wat nagejaag en gesoek moet word en 
        waartoe die volk van God voortdurend opgebou moet word;
        dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wreld kan glo dat 
        geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is 
        wat reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag 
        bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag h nie, maar 
        bestry moet word;
        dat hierdie eenheid van die volk van God op n verskeidenheid van 
        maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons 
        mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; daarin 
        dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig 
        en met vreugde te gee; daarin dat ons een geloof deel, een roeping het, 
        een van siel en een van sin is, een God en Vader het, van een Gees 
        deurdrenk is van een brood een en uit een beker drink, met een doop 
        gedoop is een Naam bely, aan een Heer gehoorsaam is, vir een saak ywer, 
        een hoop met mekaar deel saam die hoogte en breedte en diepte van die 
        liefde van Christus leer ken: saam opgebou word tot die gestalte van 
        Christus, tot die nuwe mensheid saam mekaar se laste ken en dra en so 
        die wet van Christus vervul; mekaar nodig het en mekaar opbou, mekaar 
        vermaan en mekaar vertroos, saam met mekaar ly vir die geregtigheid, 
        saambid, saam diensbaar is aan God in hierdie wreld, saam stry teen 
        alles wat hierdie eenheid mag belemmer of bedreig;
        dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder 
        dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, 
        agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en 
        kultuur, vanwe die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse 
        diens en verryking binne die een sigbare volk van God;
        dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde is vir 
        lidmaatskap van hierdie kerk.
        Daarom verwerp ons enige leer wat f die natuurlike verskeidenheid f 
        die sondige geskeidenheid so verabsoluteer dat hierdie verabsolutering 
        die sigbare en werksame eenheid van die kerk belemmer of verbreek of 
        selfs lei tot n aparte kerkformasie;
        wat voorgee dat hierdie geestelike eenheid werklik bewaar word deur die 
        band van die vrede wanneer gelowiges met dieselfde belydenis van mekaar 
        vervreem word ter wille van die verskeidenheid en vanwe die 
        onversoendheid;
        wat ontken dat n weiering om hierdie sigbare eenheid as n kosbare gawe 
        na te jaag sonde is;
        wat, uitgesproke of onuitgesproke, voorgee dat afkoms of enige ander 
        menslike of sosiale faktore medebepalend is vir lidmaatskap van die 
kerk.
        3. Ons glo dat God aan sy kerk die boodskap van versoening in en deur 
        Jesus Christus toevertrou het dat die kerk geroep is om die sout van die 
        aarde en die lig van die wreld te wees; dat die kerk salig genoem word 
        omdat hulle vredemakers is; dat die kerk deur woord en daad getuies is 
        van die nuwe hemel en die nuwe aarde waarop geregtigheid woon;
        dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, 
        en daarom ook van onversoendheld en haat, bitterheid en vyandskap, 
        oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat 
        stel om te leef in n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en 
        wreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring;
        dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame 
        uitwerking daarvan in die weg gestaan word indien dit verkondig word in 
        n land wat op Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge 
        skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en 
        vyandskap bevorder en bestendig;
        dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil 
        legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en 
        versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die 
        versoenende krag van die evangelie by voorbaat verlon, ideologie en 
        dwaalleer is.
        Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die evangelie of die 
        wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in 
        so n situasie sanksioneer en daardeur die bediening en belewing van die 
        versoening in Christus by voorbaat belemmer en van krag beroof.
        4. Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en 
        ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in n wreld vol onreg en 
        vyandskap op n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en 
        die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat 
        Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat 
        Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy di wat bedruk is 
        ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en 
        die pad vir die goddelose versper; dat vir Hm reine en onbesmette 
        godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; 
        dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek;
        dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, 
        wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen 
        enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en 
        geregtigheid soos n standhoudende stroom;
        dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen 
        die ongeregtigheid en by die veronregtes; dat die kerk as volgelinge van 
        Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit 
        selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.
        Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van veronregting legitimeer 
        en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so n ideologie 
        te weerstaan nie.
        5. Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in 
        gehoorsaamheid aan Jesus Christus, sy enigste Hoof, al sou ook die 
        owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en 
        lyding daaraan verbonde wees.
        Jesus is die Heer.
        Aan di enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, kom toe eer en 
        heerlikheid in ewigheid.

